Hier sal u al die moontlikhede van ons skooldrag kan besigtig.
Dogters:
Somer: Geruite rokkie, blou enkelkouse, skoolskoene. Slegs "Royal" blou/rooi linte in die hare. Oortrektrui (pullover) is opsioneel.
Winter: Grys langbroek en ougoud langmouhemp. Koningsblou voorgeskrewe skooltrui. Swart skoolskoene en voorgeskrewe kouse. Ook voorgeskrewe koningsblou baadjie.
Seuns:
Somer: Grys kortbroek (enge winkel). Ougoud hemp (nie Pep-hemp) asook blou kniekouse met rooi en geel strepie (slegs by verskaffer). Swart skoolskoene.
Winter: Grys langbroek en ougoud langmouhemp. Koningsblou voorgeskrewe skooltrui. Swart skoolskoene en voorgeskrewe kouse. Ook voorgeskrewe koningsblou baadjie.
- Skoolskoene is dag 1 opsioneel, mag kaalvoet kom.
Vrydagdrag:
Skool gholfhempie met blou broeke te koop by skool. Dra oorheersend wit tekkies of seilskoene daarby.
NB: DENIMS IS NIE MEER DEEL VAN VRYDAGDRAG NIE!!
Verskaffers van skoolklere:
- Blou Meul/Lala bros in Van Riebeeckstraat, Alberton-Noord
- Simply School in Newmarket Mall.
NB! Alle kledingstukke moet asb. duidelik gemerk met die kind se naam en van. Personeel dra GEEN verantwoordelikheid vir verlore klere nie.