Welpie rugby is beskikbaar vir onder 6,7 en 8.  Welpie rugby is deur die jaar besig met oefening en wedstryde.  Aan die einde van elke jaar sal daar `n onder 8 15-man toernooi wees, ter voorbereiding tot volgende jaar se onder 9 rugby liga.

Rugby begin sodra die Interlaer klaar is.  Die volgende dag na Interlaer is daar oor die strek van 2 dae proewe waar spanne bepaal en gekies word.  Daar word dan vriendskaplike wedstryde gespeel, so ongeveer 8 om die laaste keuses van spanne te maak.
Die spanne is as volg ingedeel:

o/9AMnr Ruan van Rensbrug, Mnr Jago Fouché
o/9BMnr Wian van Niekerk, Mnr Hilke Kleynhans
o/10AMnr Johan Jankowitz, Mnr Markus van der Westhuizen
o/10BMnr Gerhard Lubbe, Mnr Jaun Basson
o/11AMnr Lambert Jankowitz, Mnr Christo le Roux
o/11BMnr Hilke Kleynhans, Mnr Wian van Niekerk
1ste spanMnr Evert Lombaard, Mnr Andre Mc Master
2de SpanMnr Markus van der Westhuizen, Mnr Jaun Basson
3de spanMnr Dawid Botha, Mnr Johann Bekker

Maart is wanneer die toere plaasvind en die is vir die o/9A, o/10A, o/11A en 1ste span.

Ons neem deel aan `n superreeks wat uit 12 skole bestaan en alle spanne neem deel aan die reeks.

Die liga vind plaas na die Maart vakansie

Sien onderaan die volledige rugby reëls vir 2018 asook die laerskole aanpassings op die reëls: